saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Leanie Smith

Married on Dec 2, 2017 in North West Province

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Magical Moments

 

Waar om te begin is die vraag? 'n Sprokiesdag wat ons verseker vir altyd sal onthou! 'n Dag waar ons twee een geword het voor God, ons familie en vriende, wat meer kan 'n bruid en bruidegom voor vra. 'n Kasteel troue wou ek as bruid hê en het ons besluit om Camelotte Wedding Venue net buite Brits vir ons sprokiestroue te gebruik. 'n Sprokiestroue met 'n sprokiestema was dit beslis - van die horlosie op elke tafel wat "Cinderella" tyd aangedui het, 'n boek troukoek wat pas by 'n sprokiesverhaal, trourok (ontwerp deur Michael Bezuidenhout van Michael Bezuidenhout Couture) wat my as bruid soos 'n prinses laat voel het en dan natuurlik die temalied van Robin Hood - Bryan Adams se Everything I do I'll do it for you. Die dag was so spesiaal in elke opsig. Van die diens, die troubeloftes aan mekaar, die uitstap uit die kapel en natuurlik die onthaal, was alles net perfek. Daar is sekerlik op elke bruidspaar se troudag 'n klein dingetjie of twee wat nie is soos wat jy dit wou gehad het nie, maar dit is aardse goed en aardse goed gaan nooit perfek wees nie, maar een ding is verseker die dag is wat jy as bruid en bruidegom daarvan maak, die dag gaan immers oor die bruidspaar. Ons het definitief die beste van elke oomblik gemaak want in 'n oogwink is daardie spesiale dag verby en is al wat dan oorbly die "memories" - 'n foto, 'n video of net 'n gedagte! Ons advies aan toekomstige bruidspare - Geniet elke oomblik en maak die beste van jul groot dag! xxx

The Honeymoon

 

Ja ons was op wittebrood! Thailand!

Wedding Gallery

 

My Special Day

Definitief "fairytale look". Van hare, grimering, trourok, skoene tot juwele was als perfek - die perfekte prinses "look". Met ñ droom trourok wat ontwerp was deur Michael Bezuidenhout van Michael Bezuidenhout Couture, Parys het ek regtig soos ñ prinses in my eie feëverhaal gevoel.

The Venue

Trou venue - Camelotte Wedding Venue net buite Brits.

Wedding Elements

Weereens een woord - sprokiesverhaal! Die venue was ñ kasteel met van die volgende dekor op die tafels: boeke, horlosies, blomme, fairy lights, kerse, kleure van brons, goud en rooi om die "Royal" gevoel te skep.

My Groom And His Groomsmen

Navy Suits - Bride & Co

Beautiful Bridesmaids

Rooi rokke ontwerp deur Michael Bezuidenhout van Michael Bezuidenhout Couture.