Dit het heerlik gereën die oggend en die wete dat my aanstaande vir my nog bietjie langer gaan wag het my net meer laat besef dat hy die een is vir my. Die hoogte punt was toe my drie dogter my ingebring het en toe ek by Anton staan en hy sê dat hy my lief het....
Sabie
Ons wou die gevoel gee van 'n Sprokies troue en dit was wel so...die rok was pers en al die bykomstighede silwer.
Ons is getroud by DIE STOOR...'n plekkie tussen Bothaville en Viljoenskroon op 'n plaas. Ons is die oggend 11uur getroud en al die gaste was net hier naby, niemand het oorgeslaap nie maar ons het in die Honeymoon suit gaan slap.
Ek wa 100% tevrede met al my afsprake.
Oggend troue, met plaas effek. Geen blomme op die tafels behalwe lavender in bottels en papier blomme. Hout tafels en stoele en met bybehore.
Ons het nie strooi jonkers gehad nie, ons kinders en skoonkinders + bruidegom het denims met pers hemde en pers belde aangehad. Ek het die hemde by Baron gekoop.
Ons het nie strooi jonkers gehad nie, ons kinders en skoonkinders + bruidegom het denims met pers hemde en pers kruisbande aangehad. Ek het die hemde by Baron gekoop.
Al die dogters en skoondogters het denim en 'n pers kant hempie aangehad.
DS Laurie Naude
Cornel Chambers, sy het elke detail afgeneem en mooiste foto's vir ons gegee.
Nee ek het nie, het alles self beplan.
Perde koets wat Edward Odendaal vir ons geleen het.
Die Stoor het die kos voorberei en my koek was Engela Els van Leeudoringstad.
Ek het alles self ontwerk en gemaak.
Omdat ons 'n oggend troue gehad het en dit ons altwee se 2de huwelike is en omdat Anton nie kan dans nie het ek besluit om 'n sort van 'n oggend tee te gee met net 'n Sprokies tema en ligte kossies saam.