Ja!! Ons wittebrood was in Bali.
Ons het by Louig-Giano, The Italian Wedding Village, getrou. Die venue het oorslaap fasiliteite en van ons gaste het daarvan gebruik gemaak.
My ongelooflike mamma het al ons dekor self gemaak. Ons het verskillende gevoude blommetjies, vetplante, neute en vrugte as dekor gebruik. Al die blommetjies en skoenlappers was uit verskillende skakerings blou papier uit gevou.
Ds. Anton van Zyl
Ons foto’s is deur Chantel Theron Stoltz van TopShot Photography geneem en ons video is deur Emanuel Pietersen van EP Digital gemaak.
My wonderlike ouers was ons “planners” en hulle het gesorg dat alles volgens plan verloop. Die eienaar van Louig Giano (oom Danie) en sy assistent (Jacques) het ook op en af gehardloop om seker te maak dat alles reg is. Jacques was heeltyd betrokke en het gesorg dat ons dag perfek was!
Ons het die kos en nagereg in die bekwame hande van Louig Giano gelos en hulle het verseker dat ons die lekkerste kos en koek op ons dag gehad het.
Ons het ons troublad, save the date en uitnodigings self ontwerp en self geprint.