Dit was een van die mooiste dae. Die wind het gewaai vrydag en dit was glad nie n mooi dag nie. Ek het so hard gebid dat die Saterdag mooi sal wees.
Dit was die mooiste dag. Geen wind en mooi sonskyn. Kon nie vir n beter dag vra nie. Al my gaste het die trou so geniet en dit is al wat ons wou he dat almal hulle self moet geniet
Jip my man het my verras ek het nie gedink ons gaan weg gaan nie. Toe se hy ek moet pak ons gaan sommer iewers naby. Toe ek my kom kry toes ons by Hermanus mooiste plek ooit. Was die grootste verassing
Ek het almal vertrou wat my make up hare ens gedoen het. Ek wou net gemaklik wees . Ek het glad nie om gegee hoe hulle my hare maak nie. Of hoe my make up lyk nie. En hulle het my so mooi gemaak.
Ons het op De aar getrou . Dis n dorp in die Karoo. Ons is getroud in die AGS kerk en die onthaal was by die Country Club so 5km buite die dorp
Ek het gevoel almal ken my soos wat ek is. Ek wou maer word ens maar toe besef ek my man het my gevra om te trou nes ek gelyk het hoekom nou gewig verloor. En ek glo ek het nog steets mooi gelyk al was daar hoeveel ekstra kg.
Ek kon nie op een kleur kies nie en het besluit op 5 pastel kleure sjoe en als het so mooi by mekaar gepas. Ek het n klein budget gehad so almal het gehelp om ons dag mooi te maak.
Die bruidegom het n pak gehuur by Bride & co.
Ons het vir strooijonkers almal die selfde jeans gekoop en hulld het wit hemde gehad met die sele kleur das as n strooimeisie
Elke strooi meisie het n ander kleur strooimeisie rok gehad . Ek het vir hulle gevra watter patroon die beste vir hulle gaan pas.
Ons Pastoor van die AGS KERK DE AAR.
Pastoor Johan Wiese
Tannie Sonette Crouse was ons fotograaf en sjoe syt n mooi werk gedoen. Ons het nie n videograaf gehad nie ons finansies was nie so om dit te kan bekostig nie
Nee. Ons het maar almal as vriende en familie in gespring en gehelp en beplan
Ons het n ou Chef trok gehad en sjoe hy het baie aandag gekry.
Almal het agter op gesit van die gevolg. Was baie lekker
My ma het meeste van die kos gemaak en dit was regte Boere kos. Al die lekker kos wat sy oor die jare gemaak het wat ek meeste van gehou het het sy by ons troue gemaak
Ons het dit maar self gedoen ons wou oral bespaar. So vriende en familie het gehelp waar hulle kon
Ons het baie lekker gekuier. Ons was vir 3 dans klasse dit het baie gehelp. Ons het n bekende D J van die Noord Kaap by ons troue gehad. Selfs hy het gese was een van die lekkerste troues.